REGISTRASIE EN EISE TERME EN VOORWAARDER
Hierdie is ‘n waarborg wat ‘n defek as gevolg van ‘n fabrieksfout dek, dus is dit nie “Tyre Damage Guarantee” nie.
Firestone het sy 5-jaar vervaardiger waarborg uitgebrei tot 9 jaar op 19 landbou Straallaag bande wat in die VSA vervaardig word. Die waarborg is van toepassing, mits daardie bande in Suid-Afrika, naburige lande (Namibië, Lesotho, Swaziland, Botswana en Zambië) aangekoop word of toegerus is as Oorspronklike Toerusting.
Die bedrag wat vergoed word, word bereken uit die mate van slytasie. Met ander woorde, die Oorblywende Loopvlak Diepte (RTD, engels vir Remaining Tread Depth) -metingsisteem sal toegepas word.
Bande wat vir ‘n eis ingedien word, word geëvalueer om die bydrae tot vervanging te bepaal. Die prosedure is soos volg:
Voorbeeld 1
In hierdie voorbeeld van ‘n Firestone Agri-band, is die oorspronklike loopvlak diepte 8 mm. As daar nog 2 mm loopvlak op die ingevoerde band is, het die band 2/8 = 25% van die bruikbare loopvlak diepte. U ontvang dan ‘n 25% krediet op die prys van ‘n nuwe Firestone landbouband.
Voorbeeld 2
In die geval waar 6 mm van die oorblywende loopvlak bereken word, het die band 6/8 = 75% van die bruikbare loopdiepte, wat dus ‘n bydrae van 75% op die prys van ‘n nuwe Firestone landbouband tot gevolg het.
‘n Nuwe band sal voorsien word, met die prys van toepassing bereken op die oorblywende loopvlakdiepte, gebaseer op die bostaande uiteensetting. Gebruikbare loopvlak is die oorspronklike loopvlakdiepte, minus die hoeveelheid loopvlak wat jy gebruik het.